Wetsuitleg: 'n Inleiding vir Studente
Ebook ISBN: 9781485118121
Ebook ISBN: 9781485118121
Product Details:
Author(s):
Year Published:
2012
Edition
5th Edition
Type:
Ebook | eBook
Language:
Afrikaans
About this publication
Wetsuitleg gaan oor die verstaan van uitgevaardigde regstekste – om sin te maak van die wetgewende skema wat op die betrokke situasie van toepassing is. Die doel van Wetsuitleg: 'n Inleiding vir Studente is om studente te leer hoe om wetgewing uit te lê en toe te pas.
Deel 1 (‘Wettereg’) stel studente bekend aan verskillende tipes en kategorieë wetgewing, die strukturele komponente van wetgewing, die soms verwarrende ‘kodes’ wat in wetgewende tekste gebruik word, asook die uitdagings wat die toepassing van bestaande oubedeling-wetgewing en nuwe wetgewing inhou. Deel 2 (‘Hoe word wetgewing uitgelê’) bestaan uit ’n hoofstuk oor die teoretiese grondslae van wetsuitleg, en ’n oorsig van die basiese wetsuitlegbenaderings in Suid-Afrika, asook ’n hoofstuk oor die toepassing van die reëls van wetsuitleg. Deel 3 (‘Die howe se regskeppende diskresie tydens wetsuitleg, en gebiedende en aanwysende bepalings’) bespreek alledaagse toepassings, en Deel 4 is ’n basiese inleiding tot grondwetuitleg. Studente word ook bekend gestel aan minder bekende aspekte van wetsuitleg soos veronderstellings-klousules (deeming clauses), die opskorting van wetgewing, sonsondergangsklousules (sunset clauses), wettiese koeterwaals (legalese) en meerderheidsdwarsboming (the counter-majoritarian difficulty).
Die vyfde uitgawe van Wetsuitleg: ’n Inleiding vir Studente is ’n gebruikersvriendelike inleiding tot die basiese beginsels van wetsuitleg. Dit is hoofsaaklik op voorgraadse regstudente gemik, maar praktisyns sal dit ook nuttig vind. Die beginsels en reëls van wetsuitleg word verduidelik met hipotetiese feitestelle en praktiese voorbeelde uit hofsake en wetgewing. ’n Aanvullende CD met die volle teks van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996 (in beide Engels en Afrikaans), en die Interpretasiewet 33 van 1957 (in Afrikaans) word ingesluit.
Content
Deel 1: Wettereg
Algemene inleiding
Die begrip ‘wetgewing’
Is dit al in werking? Die inwerkingtreding van wetgewin
Is dit nog steeds in werking? Veranderings aan en die beëindiging van wetgewing
Deel 2: Hoe wetgewing uitgelê word
Teoretiese grondslae
Praktiese en inklusiewe metodologie: die vyf onderling-verweefde dimensies van wetsuitleg
Deel 3: Aantal praktiese toepassings: die howe se regskeppende diskresie tydens wetsuitleg, en gebiedende en aanwysende bepalings
Regskepping deur die howe tydens konkretiserin
Gebiedende en aanwysende bepalings
Part 4: Grondwetuitleg
Bibliografie
Sakeregister
Indeks
Aanvullende CD:
Interest / Benefit to
Students
Parlimentary Committees
Academics
Practitioners